Exodus 36:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne;
Afrikaans (NLV) 2011 Die afskorting vir binne-in die tabernakel is van geweefde linne gemaak. Hulle het daarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef en gerubs daarop uitgeborduur.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met g,rubs.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n voorhangsel gemaak van goed geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi wolstof. Gerubs is daarop uitgeborduur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die voorhangsel met pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 'n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook die gordyn gemaak waarmee die tent in twee verdeel moes word. Dit is van geweefde linne gemaak waarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef was en waarop figure met vlerke geborduur was.