Exodus 36:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die style met goud oorgetrek en hulle ringe van goue gemaak as plekke vir die dwarshoute, en die dwarshoute het hy met goud oorgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die dwarslatte is met goud oorgetrek. Ook die ringe waardeur die dwarsbalke moes kom, is met goud oorgetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die rame is met goud oorgetrek en vir hulle is goue ringe gemaak om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte is ook met goud oorgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die planke het hy met goud oorgetrek, en die ringe van die planke, wat die dwarshoute dra, het hy van goud gemaak. Hy het die dwarshoute ook met goud oorgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die panele en die dwarslatte met goud oorgetrek. Hulle het ook goue ringe aan die panele vasgesit waardeur die dwarslatte gesteek kon word. |