Exodus 36:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Een styl het twee penne gehad, ewe ver van die ander af; so het hy vir al die style van die tabernakel gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was twee penne aan elke paneel sodat dit aan die volgende paneel verbind kon word. Al die panele was identies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel. |
| Afrikaans 1983 | Daar was twee tappe vir elke raam om die rame aanmekaar te voeg. Al die rame vir die tabernakel is so gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was twee tappe in elke plank waarmee hulle teen mekaar geplaas is. So het hy met al die planke van die tabernakel gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke raam het twee houtpenne en twee gate gehad. Hulle het die houtpenne in die gate gesit sodat hulle die pale styf aan mekaar kon vasmaak. Hulle het al die rame van die tempel-tent so vasgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was aan elke paneel twee lasplekke sodat dit aan ’n volgende paneel gelas kon word. Al die panele van die tent het dieselfde gelyk. |