Exodus 36:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het Besáleël en Oholiab geroep en elke wyse van hart in wie se hart die HERE wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom aangespoor het om na die werk te gaan om dit te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe Besaleël en Oholiab laat kom saam met al die ander vir wie God toegerus het en wat gewillig was om die werk te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het Bes leël en Oholiab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak. |
| Afrikaans 1983 | Moses het toe vir Besaleël en Oholiab geroep en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid gegee het, almal wat aangebied het om die werk te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het Besaleël en Oholiab toe ontbied, en ook elke vaardige persoon in wie se hart die Here wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom daartoe gebring het om aan te meld vir die uitvoering van die taak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir Besaleël en Oholiab geroep, en ook al die ander ambagsmanne vir wie die Here vaardig gemaak het, elkeen wat wou help om te werk. Moses het hulle geroep om nader te kom om die werk te kom doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het Besaleël en Oholiab laat kom en almal wat bekwaam was en daarvoor kans gesien het om die werk te doen. |