Exodus 36:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n dekkleed vir die tent gemaak van rooi geverfde ramsvelle en daarbo 'n dekkleed van dasvelle.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook ’n derde en vierde laag gemaak om bo-oor die tabernakel te span. Die een was van gelooide ramsvel en die ander van gebreide bokvel.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor 'n dekkleed van robbevelle.
Afrikaans 1983 Hulle het verder ook 'n seil van rooigekleurde ramsvelle gemaak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor gespan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir die tent 'n bedekking van rooi gekleurde ramsvelle gemaak, en nog 'n bedekking van sagte leer bo-oor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het nog 'n seil vir die tent gemaak van skaapvelle wat hulle rooi gekleur het. Hulle het ook 'n seil gemaak van velle wat hulle sag gemaak het. Hulle het dit bo-oor die rooi seil gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook ’n boonste laag vir die dak van die tent gemaak. Dit is gemaak van ’n laag gelooide ramsvel waaroor ’n tweede laag gebreide vel gesit is.