Exodus 36:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vyftig lissies gemaak aan die einde van die gordyn in die stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die gordyn wat die tweede saamvoeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook vir hierdie stelle 50 lissies rondom aan die buitenste stuk materiaal van elke stel gewerk.
Afrikaans 1933/1953 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
Afrikaans 1983 Hulle het daarna vyftig lissies gemaak vir die een kant van die een strook en so ook vyftig vir die een kant van die ander strook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vyftig lussies op die soom van die buitenste tentdoek in die een stel aangebring, en vyftig lussies op die soom van die tweede stel tentdoeke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die kant van die een stuk materiaal en hulle het ook 50 lissies vasgewerk aan die kant van die ander stuk materiaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het 50 lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk sodat daar 50 lussies was wat teenoor mekaar was.