Exodus 36:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het tentdoeke van bokhaar gemaak vir die tent oor die tabernakel; elf tentdoeke het hy dit gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Tweede laag van elf stukke bokhaarmateriaal is gemaak om bo-oor die tent te gaan.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.
Afrikaans 1983 Daar is 'n tent van bokhaarmateriaal gemaak om oor die tabernakel te sit. Elf stukke bokhaarmateriaal is gebruik
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook tentdoeke van bokhaar gemaak om te dien as 'n tent oor die tabernakel. Elf van hierdie tentdoeke het hy daarvoor gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hulle 'n seil gemaak van bokhaar-materiaal. Hulle moes die seil bo-oor die tempel-tent sit. Hulle het die seil van elf stukke bokhaar-materiaal gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe ’n seil van bokhaarmateriaal gemaak om bo-oor die eerste laag van die tent te trek. Dit is uit elf stukke materiaal gemaak.