Exodus 36:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vyftig goue hakies gemaak en die gordyne met die hakies aanmekaargesit, die een aan die ander, sodat dit een tabernakel geword het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe 50 goue hakies gemaak en deur die lissies gehaak sodat die twee stelle een dubbele vel gevorm het. Dit het saam die onderste laag oor die tabernakel gevorm.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.
Afrikaans 1983 Hulle het vyftig goue hakies gemaak om die twee stelle doeke aanmekaar te hou sodat die tabernakel een geheel kon wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vyftig goue hakies gemaak, en die tentdoeke met die hakies aan mekaar vasgemaak, sodat die tabernakel een geheel gevorm het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook 50 goue hakies vasgewerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kon haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kon wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook 50 goue hakies gemaak en deur die lussies gehaak sodat die twee stelle op mekaar gepas het om een dubbelvel te vorm vir die onderste laag van die tent.