Exodus 36:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het vyftig lissies aan die een tentdoek gemaak, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat in die tweede tentdoek was; die lissies het die een tentdoek aan die ander vasgehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die lissies van die twee stelle het presies op mekaar gepas. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander. |
| Afrikaans 1983 | vyftig vir die een en vyftig vir die ander strook. Die lissies was presies reg teenoor mekaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vyftig lussies op die een tentdoek aangebring, en vyftig lussies op die kant van die tentdoek van die tweede stel. Die lussies was regoor mekaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die een stuk materiaal en 50 lissies aan die ander stuk materiaal. Die lissies was ewe ver van mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sodat daar 50 lussies was wat presies teenoor mekaar was toe die twee stelle op mekaar gepas is. |