Exodus 36:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het blou lissies gemaak aan die soom van die een tentdoek van die soom van die stel; net so het hy aan die einde van die ander tentdoek gemaak, by die tweede tentdoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het 50 lissies al om die rand aan die buitenste stuk materiaal van elke stel gewerk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. |
| Afrikaans 1983 | Daar is toe blou lissies vasgewerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het op die een stel, op die soom van die een tentdoek, al langs die kant, lussies van pers wol aangebring. Op dieselfde manier het hy ook op die tweede stel, op die soom van die buitenste tentdoek, lussies aangebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het blou lissies gemaak van wol-materiaal en hulle het dit vasgewerk aan die een kant van die materiaal. Hulle het dieselfde gedoen met die ander stuk materiaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het blou lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk |