Exodus 36:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Besáleël en Oholíab en elke wyse man van hart aan wie die HERE wysheid en insig gegee het om te weet hoe om allerhande werk te doen vir die diens van die heiligdom, volgens alles wat die HERE beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Besaleël, Oholiab en al die ander persone vir wie die Here die kennis, verstand en vaardigheid gegee het om die werk by die tabernakel te doen, moet alles maak soos die Here gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 So moet dan Bes leël en Oholiab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.
Afrikaans 1983 “Besaleël, Oholiab en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid en verstand gegee het om te weet hoe om al die werk aan die heiligdom uit te voer, moet die werk doen soos die Here beveel het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Besaleël, Oholiab en elke vaardige persoon vir wie die Here wysheid gegee het, en ook die insig om te verstaan hoe om al die werk aan die oprigting van die heiligdom te verrig, moet dit doen in ooreenstemming met alles wat die Here beveel het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het ook gesê: “Die Here het vir Besaleël en Oholiab en al die ander ambagsmanne wysheid en verstand gegee sodat hulle al die werk by die tempel kan doen. Hulle moet dit doen soos die Here gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Besaleël, Oholiab en al die ander mense vir wie die Here die aanleg gegee het en die kundigheid om die tent te maak, moet dit vir ons bou soos die Here dit wil hê.”