Exodus 35:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het Hy vervul met wysheid van hart, om allerhande werk te doen, van die graveur en van die sluwe werker en van die borduurder, in pers en purperrooi, in bloedrooi stowwe en in fyn linne en van die wewer, ook van die wat enige werk doen en van die wat listige werk uitdink.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here stel hulle in staat om graveerwerk, borduurwerk en weefwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol en linne.”
Afrikaans 1933/1953 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.
Afrikaans 1983 Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die Here het hulle vervul met die kundigheid om al die werk van 'n vakman te doen: dié van 'n ontwerper, 'n borduurder met pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linnedraad, en dié van 'n wewer – mense wat al die werk kan doen en vindingryke planne kan beraam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het hulle vaardig gemaak om al die soorte werk te kan doen: Hulle kan planne teken, borduur op blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal, en hulle kan weef. Hierdie twee manne kan al die werk doen en planne teken.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kan dinge ontwerp. Hulle weet ook hoe om graveerwerk en borduurwerk en weefwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol en linne.