Exodus 35:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit in sy hart gegee om te onderrig, hy sowel as Aholiab, die seun van Ahisamag, van die stam van Dan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het vir hom en Oholiab, seun van Agisamak uit die Danstam, die vermoë gegee om ander op te lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Oholiab, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir hom en vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, die begaafdheid gegee om ander as vakmanne op te lei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die Here het dit ook in sy hart gegee om te onderrig. Hy en Oholiab, seun van Agisamag, van die stam van Dan – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir hom en vir Oholiab gehelp om vir ander ambagsmanne te leer. Oholiab is die seun van Agisamak van die Dan-stam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Aan hom en aan Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan het God die vermoë gegee om ander op te lei om dinge te maak. |