Exodus 35:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders van Israel het 'n gewillige offer aan die HERE gebring, elke man en vrou wie se hart hulle gewillig gemaak het om te bring vir allerhande werk wat die HERE deur die hand van Moses beveel het om te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 So het elke man en vrou van die Israeliete wat bereid was, vrywillige bydraes gemaak om te help met die werk wat die Here vir hulle deur Moses opgedra het.
Afrikaans 1933/1953 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur die diens van Moses beveel het om te verrig -- as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
Afrikaans 1983 Elke Israelitiese man en vrou wat vrywillig iets wou bring vir die werk wat die Here vir Moses beveel het om te doen, het dit vir die Here gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het die Israeliete dit as 'n vrywillige offer vir die Here gebring, elke man en vrou wie se harte hulle daartoe aangespoor het om iets te bring vir al die werk wat die Here by monde van Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke man en vrou wat graag iets wou bring vir die werk, het dit gebring. Dit was vir al die werk wat die Here vir Moses gesê het om te doen. Die Israeliete het die presente gebring omdat hulle dit graag wou gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het elke man en vrou van die Israeliete wat iets vir die Here wou doen en kon help om die goed te maak, vrywillig vir die Here kom gee wat hulle gehad het.