Exodus 35:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die vroue wat wys van hart was, het met hulle hande gespin en gebring wat hulle gespin het, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die vroue wat bedrewe was met weefwerk het gekom en blou, pers en rooi materiaal en fyn linnestof vir die Here gebring.
Afrikaans 1933/1953 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.
Afrikaans 1983 Elke vrou wat netjies kon weef, het gebring wat sy geweef het: blou, pers en bloedrooi wolstof en linne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke vrou wat vaardig was, het met haar twee hande spinwerk gedoen en het pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linnedraad gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke vrou wat netjies kon weef, het geweef, en sy het die goed gebring wat sy geweef het: blou, pers en rooi wol-materiaal, en linne-materiaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroue wat kon weef, het materiaal van blou, pers en rooi wol geweef en ook fyn linne. Hulle het dit dan vir die Here gebring.