Exodus 35:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen wat 'n offer van silwer en koper gebring het, het die offer van die HERE gebring; en elkeen by wie akasiahout gevind is vir enige dienswerk, het dit gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat dit kon bekostig, het vir die Here iets van silwer of koper gebring. Elkeen wat akasiahout gehad het wat gebruik kon word om die meubels van die tent te maak, het dit gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat 'n bydrae in silwer en brons wou maak, het dit as offergawe vir die Here gebring. Elkeen wat doringhout gehad het, geskik vir allerhande soorte houtwerk, het dit gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat 'n wydingsgeskenk van silwer en brons wou aanbied, het 'n wydingsgeskenk vir die Here gebring; en elkeen wat in besit was van doringhout wat vir enige werk gebruik kon word, het dit gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen wat 'n present van silwer of brons wou gee, het dit vir die Here gebring, en elkeen wat doringhout by hom gehad het vir al die werk, het dit gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié wat dit kon bekostig, het vir die Here ’n geskenk van silwer of koper gebring. Elkeen wat akasiahout gehad het wat gebruik kon word om die meubels van die tent te maak, het dit gebring. |