Exodus 35:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gekom, manne sowel as vroue, almal wat gewillig was, en het armbande en oorringe en ringe en tafels gebring, alles van goue juwele; en elke man wat 'n offer van goud aan die HERE gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat gewillig was, sowel mans as vroue, het gekom en vir die Here borsspelde, oorringe, halssnoere en voorwerpe van goud gegee.
Afrikaans 1933/1953 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die HERE gewy het,
Afrikaans 1983 Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gekom, die mans sowel as die vroue, almal wie se harte daartoe bereid was. Hulle het borsspelde, oorbelle, ringe en halskettings, allerlei goue voorwerpe, gebring – elkeen wat 'n gewyde gawe van goud vir die Here wou aanbied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mans en vroue wat graag iets wou gee, het borsspelde gebring, ook oor-ringe, armbande en nekringe, en baie soorte goue goed. Elkeen wat 'n beweeg-offer van goud vir die Here wou gee, het dit gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat gevoel het hulle wil iets vir die Here gee, mans sowel as vroue, het gekom en hulle het vir die Here borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goed gegee wat van goud gemaak is. Elkeen het sy goue goed vir die Here gegee.