Exodus 35:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gekom, elkeen wie se hart hom opgewek het, en elkeen wat sy gees gewillig het, en hulle het die offer van die HERE gebring vir die werk van die tent van samekoms en vir al sy diens en vir die heilige klere.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen wat so gevoel het, het uit vrye wil vir die Here iets gebring vir die tabernakel en sy toerusting, en vir die heilige klere wat gemaak moes word.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;
Afrikaans 1983 en elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig 'n offergawe vir die Here gebring vir die werk aan die tent van ontmoeting, vir al die ander dienste en vir die gewyde klere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wie se hart hom daartoe gebring het, en elkeen wie se gees hom daartoe aangespoor het, het gekom, en hulle het vir die Here 'n wydingsgeskenk gebring vir die werk aan die Tent van Ontmoeting en vir al die dienswerk daaraan verbonde, en vir die heilige klere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en elkeen wat graag iets wou gee, het 'n present vir die Here gebring. Dit was goed wat hulle kon gebruik om die tent en die gewyde klere te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen wat so gevoel het, het geskenke vir die Here gebring soos hulle self besluit het. Dit was dinge wat gebruik kon word om die tent te bou en te betaal vir alles wat daarvoor gemaak moes word, asook die klere wat vir die diens by die tent gemaak moes word.