Exodus 35:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | die klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die spesiale klere wat die priester dra wanneer hy in die heiligdom werk; Aäron en sy seuns se klere om hulle dienswerk in te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien. |
| Afrikaans 1983 | die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die geweefde klere om in die heiligdom dienswerk te doen, dit is die heilige klere vir Aäron, die priester, en die klere vir sy seuns vir die priesterdiens.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die klere wat die priesters aantrek wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron, en sy seuns se klere wanneer hulle die priesters se werk moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | die spesiale klere wat vir die werk by die tent gebruik word, Aäron se klere en die klere wat sy seuns vir hulle werk moet gebruik.” |