Exodus 34:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: As ek nou genade in U oë gevind het, HERE, laat my HERE tog onder ons ingaan; want dit is 'n hardnekkige volk; en vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons as U erfdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “As ek dan regtig u goedkeuring geniet, Here, trek dan verder saam met ons. Dit is wel ’n eiesinnige volk hierdie, maar vergeef ons tog ons sonde en ons oortredings. Aanvaar ons tog as u eiendom.”
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as 'n erfdeel.
Afrikaans 1983 en gesê: “As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hy: “As ek wel guns gevind het in u oë, my Heer, moet my Heer asseblief in ons midde saamtrek. Al is dit 'n hardnekkige volk, moet U ons skuld en ons sonde vergewe, en ons as u eiendom aanvaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Here, as U tevrede is met my, dan moet U asseblief saam met ons gaan. Hierdie volk is hardkoppig. Ons het verkeerd gedoen, ons het sonde gedoen. Vergewe ons asseblief. Laat ons weer u eie volk wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gevra: “Here, as U dan van my hou, gaan dan tog asseblief saam met ons. Ons is regtig ’n hardkoppige volk. Vergeef tog ons sonde en ons oortreding. Aanvaar ons as u eie volk.”