Exodus 34:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het voor hom verbygegaan en uitgeroep: Die HERE, die HERE God, barmhartig en genadig, lankmoedig en oorvloedig van goedheid en waarheid!
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Hy by Moses verbybeweeg, het Hy uitgeroep: “Ek is die Here. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou.
Afrikaans 1933/1953 En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
Afrikaans 1983 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het reg voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Die Here, die Here, 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het voor Moses verbygegaan en Hy het hard gesê: “Ek is die Here! Ek is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en Ek is genadig. Ek is baie geduldig en vol liefde. Ek doen wat Ek belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die Here by Moses verbygaan, roep Hy uit: “Ek is die Here. Ek is die God wat mense help. Ek is jammer vir mense en geduldig met hulle. Ek bly altyd getrou. Jy kan op My reken.