Exodus 34:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het twee kliptafels gekap soos die eerstes; En Moses het die môre vroeg opgestaan en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe twee plat klippe soos die eerstes gereed gekry. Hy het vroeg die oggend opgestaan en teen die berg begin uitklim, soos die Here vir hom gesê het. Hy het die twee plat klippe in sy hande gedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem. |
| Afrikaans 1983 | Moses het toe twee plat klippe soos die voriges gekap. Nadat hy vroeg die oggend opgestaan het, het hy net soos die Here hom beveel het, Sinaiberg uitgeklim met die twee plat klippe in sy hand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hy twee kliptafels soos die eerstes uitgekap het, het Moses vroeg die oggend opgestaan en teen die berg Sinai uitgeklim, net soos die Here hom beveel het. Hy het die twee kliptafels met hom saamgeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het toe twee plat klippe gekap wat soos die eerste twee klippe gelyk het. Hy het vroeg die oggend opgestaan en teen Sinai-berg opgegaan soos die Here vir hom gesê het. Hy het die twee plat klippe saam met hom geneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe twee plat klippe uitgekap wat net soos die eerstes gelyk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het en die oggend vroeg opgestaan. Hy het teen Sinaiberg uitgeklim met die klippe in sy hand. |