Exodus 34:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink; en hulle was bang om naby hom te kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron en die Israeliete het gesien hoe sy gesig blink en was bang om naby hom te kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom. |
| Afrikaans 1983 | Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, was die vel van sy gesig stralend! Hulle was toe te bang om naby hom te kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron en al die Israeliete het gesien dat Moses se gesig blink, en hulle was bang om naby hom te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, en hulle sien ook hoe sy gesig blink, het hulle bang geword om naby hom te kom. |