Exodus 34:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En niemand mag saam met jou optrek nie, en niemand mag op die hele berg gesien word nie; en laat die kleinvee of beeste voor daardie berg nie wei nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand anders mag saam met jou teen die berg uitklim nie. Daar mag nêrens op die berg iemand anders wees nie. Daar mag selfs nie enige beeste of vee teen die berg wei nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
Afrikaans 1983 “Niemand mag saam met jou opklim nie. Nêrens op die berg mag daar selfs iemand gesien word nie. Die kleinvee en beeste mag ook nie naby die berg wei nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Niemand mag saam met jou opklim nie. Ook mag niemand op die hele berg te sien wees nie. Selfs kleinvee of grootvee mag nie voor hierdie berg wei nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar niemand mag saam met jou opklim nie. Daar mag niemand op die berg wees nie. Die bokke en skape en beeste mag ook nie naby hierdie berg wei nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar mag nie nog iemand anders saam met jou teen die berg uitklim nie. Daar mag nêrens op die berg enigiemand anders te siene wees nie. Daar mag ook nie enige vee of beeste teen die hang van die berg wei nie.”