Exodus 34:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Moses van die berg Sinai afklim met die twee getuienistafels in Moses se hand, toe hy van die berg afklim, het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink terwyl hy met hom praat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het van Sinaiberg afgeklim met die twee plat klippe waarop die bepalings van die verbond geskryf was in sy hande. Toe hy afklim, het hy nie geweet dat sy gesig blink omdat God met hom gepraat het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Moses van die berg Sinai afdaal -- die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Moses van die berg Sinai afkom – die twee kliptafels met die Getuienis was in Moses se hand toe hy van die berg afkom – het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig stralend was omdat hy met God gepraat het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het afgekom van Sinai-berg. Hy het die twee plat klippe in sy hande gedra. Die tien gebooie was op die klippe. Moses se gesig het geblink omdat God met hom gepraat het, maar Moses het dit nie geweet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Moses van die berg Sinai afkom met die plat klippe in sy hand - die bewys van hulle ooreenkoms met God - het Moses nie geweet dat die vel op sy gesig geblink het nadat hy met God gepraat het nie. |