Exodus 34:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het nie brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die verbond geskrywe, die tien gebooie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses was daar bo-op die berg by die Here vir 40 dae en 40 nagte. Hy het gedurende daardie tyd niks geëet of gedrink nie. Hy het die Tien Gebooie van God se ooreenkoms op die plat klippe geskryf.
Afrikaans 1933/1953 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
Afrikaans 1983 Moses was veertig dae en nagte by die Here. In dié tyd het Moses geen kos geëet of water gedrink nie. Hy het die verbondsbepalings, die tien gebooie, op die plat klippe geskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was daar by die Here veertig dae en veertig nagte lank. Brood het hy nie geëet nie en water het hy nie gedrink nie. Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien Gebooie, geskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses was 40 dae en 40 nagte by die Here op die berg. Hy het nie geëet of gedrink nie. Die Here het op die plat klippe die woorde van die verbond geskryf. Dit was die tien gebooie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses was 40 dae lank daar by die Here op die berg. Hy het niks geëet of gedrink in daardie tyd nie. Die Here het die tien reëls vir sy ooreenkoms met Israel op die plat klippe geskryf wat Moses gekap en saamgebring het.