Exodus 34:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die eersteling van die eerstelinge van jou land moet jy na die huis van die HERE jou God bring. Jy mag nie 'n bokkie in sy moeder se melk sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet die beste deel van die eerste oes wat jy insamel na die huis van die Here bring. “Jy mag nie ’n boklam offer wat nog nie gespeen is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie. |
| Afrikaans 1983 | “Die keur van die eerste produkte van jou lande moet jy na my huis toe bring, die huis van die Here jou God. “Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die keur van die eerste vrugte van jou grond moet jy na die huis van die Here jou God bring. Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet die beste van die eerste vrugte wat julle afpluk, bring na die huis van julle God die Here. “Julle mag nie 'n bok-lam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet die beste deel van die eerste oes wat jy uit die grond haal, vir die Here na sy blyplek toe bring. Jy mag nie ’n boklam offer wat so pas gespeen is nie.” |