Exodus 34:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag die bloed van my offer nie saam met suurdeeg bring nie; ook mag die offer van die paasfees tot die môre toe nie oorbly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daar mag nie suurdeeg wees in die brood wat julle vir My offer nie. Daar mag niks van die vleis van die paaslam gedurende die Paasfees oor wees teen die volgende oggend nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
Afrikaans 1983 “As jy vir die offer slag, moet jy sorg dat die offerbloed weggehou word van iets wat suurdeeg in het. “Die paasoffer mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie so slag dat die bloed van my offer naby suurdeeg is nie; en die offer by die fees van die Pasga mag nie tot die oggend oorstaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer julle 'n dier slag om vir My te offer, dan moet julle nie die bloed bring by iets wat suurdeeg in het nie. Julle moet die Paasfees-offer op-eet. Moenie dit los tot die volgende oggend nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag nooit brood waarin daar suurdeeg is, saam met diere offer nie. Die paaslam by die paasfees mag ook nie oorstaan tot die volgende oggend nie.