Exodus 34:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal die nasies voor jou uit verdrywe en jou grondgebied uitbrei; en niemand sal jou land begeer as jy optrek om drie maal in die jaar voor die aangesig van die HERE jou God te verskyn nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal julle aanval of julle land probeer afneem terwyl julle van die huis af weg is om die Here te gaan aanbid nie. Ek sal die nasies voor jou uit verdryf. Ek sal jou grond al meer maak.
Afrikaans 1933/1953 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
Afrikaans 1983 “Ek sal nasies voor jou uit verdryf en vir jou 'n land gee. Drie keer per jaar moet jy voor My, die Here jou God, verskyn. Dan sal Ek sorg dat niemand jou land begeer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat Ek nasies voor jou uit sal verdryf en jou grondgebied sal vergroot, sal niemand jou land begeer wanneer jy drie keer per jaar opgaan om voor die Here jou God te verskyn nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal die ander volke voor julle wegjaag en Ek sal vir julle baie grond gee waar julle kan woon. Niemand sal probeer om julle grond te vat wanneer julle elke jaar drie maal gaan om julle God die Here te aanbid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand sal julle grond probeer afneem wanneer julle vir hierdie drie feeste weg is van die huis om tot die Here te gaan bid nie. Ek sal die nasies voor jou uit wegjaag. Ek sal die grond wat aan jou behoort, al meer maak.