Exodus 34:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die fees van die weke, van die eerstelinge van die koring-oes, en die fees van die insameling aan die einde van die jaar, vier.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou ook om die Oesfees te hou wanneer die oes begin inkom. Onthou ook die Insamelingsfees aan die einde van die oestyd.
Afrikaans 1933/1953 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.
Afrikaans 1983 “Jy moet die fees van die weke vier; dit is die fees aan die begin van die koringoes. “Dan is daar nog die fees van die insameling aan die einde van die jaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Fees van die Weke moet jy vier met die eerste opbrengs van die koringoes; en die Fees van die Insameling teen die wending van die jaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet die Fees van die Weke vier. Julle moet 'n fees vier wanneer julle die ryp koring begin afsny, en julle moet 'n fees vier aan die einde van die jaar, wanneer julle klaar gewerk het en alles op die lande afgesny het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hou die oesfees wanneer jy begin oes en die eerste graan van die land af begin kom. Hou ook die fees aan die einde van die oestyd.