Exodus 34:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die eersgeborene van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy hom nie los nie, moet jy sy nek breek. Al die eersgeborenes van jou seuns moet jy loskoop. En niemand sal leeg voor my verskyn nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eerste donkiehings mag met ’n skaap vervang word. As jy dit nie wil omruil nie, moet jy die donkie se nek breek om dit dood te maak. Jou eerste seun wat gebore word, moet ook met geld uitgekoop word. Niemand mag na My toe kom sonder ’n offer nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
Afrikaans 1983 Julle moet elke donkie se eerste hingsvulletjie loskoop met 'n skaap. As julle dit nie doen nie, moet julle die vul se nek breek. Alle eersgebore seuns moet ook losgekoop word. “Niemand mag sonder 'n offer voor My verskyn nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die eersteling van 'n donkie moet jy loskoop met 'n lam, en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop. Niemand mag met leë hande voor My verskyn nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar 'n donkie se eerste hings-vul moet julle loskoop. Julle moet 'n lam gee in die plek van die donkie. As julle nie die donkie-vul loskoop nie, dan moet julle sy nek breek. Julle moet al julle oudste seuns loskoop.” “Julle moet altyd 'n offer saambring wanneer julle na die tempel kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit ’n donkie is, moet jy dit omruil met ’n skaap. As jy dit nie wil omruil nie, moet jy die donkie doodmaak. Jou oudste seun moet jy met geld uitkoop. Niemand mag sonder ’n offer voor My kom nie.