Exodus 34:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wees gereed in die môre en klim in die môre op na die berg Sinai, en stel jou daar voor my op die top van die berg.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees môre-oggend vroeg gereed daarmee sodat jy die berg kan uitklim. Kry My bo-op die berg.
Afrikaans 1933/1953 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.
Afrikaans 1983 Maak môreoggend klaar en klim die oggend nog Sinaiberg uit. Wag vir My daar op die top van die berg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees teen die oggend gereed. Klim dan die berg Sinai in die oggend uit, en staan gereed vir My daar op die kruin van die berg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet môre-oggend gereed wees. Gaan dan teen Sinai-berg op en gaan wag daar bo-op die berg vir My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet dit teen môreoggend reg hê sodat jy in die oggend teen die berg kan uitklim en by My bo-op die berg kan kom staan.