Exodus 34:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die fees van die ongesuurde brode moet jy vier. Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, soos Ek jou beveel het, in die tyd van die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onthou om gereeld die Fees van die Ongesuurde Brood te hou. Soos Ek vir julle gesê het, moet julle vir sewe dae lank kos eet waarin daar geen suurdeeg gebruik is nie. Julle moet dit elke jaar in die vroeë lente hou. Dit is die tyd toe julle uit Egipte weg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. |
| Afrikaans 1983 | “Julle moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek julle beveel het, moet julle sewe dae ongesuurde brood eet, van die vasgestelde dag van die maand Abib af, want dit is die dag waarop julle uit Egipte weggetrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Fees van die Ongesuurde Brood moet jy onderhou. Sewe dae lank moet jy ongesuurde brood eet, soos Ek jou beveel het. Doen dit op die vasgestelde tyd in die maand Abib, want in die maand Abib het jy uit Egipte weggetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet die Fees van die Ongesuurde Brood vier. Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet soos Ek vir julle gesê het. Julle moet altyd hierdie fees vier op dieselfde dag van die maand Abib, want in die maand Abib het julle weggegaan uit Egipte.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Onthou om die fees van die brood sonder suurdeeg te hou. Soos Ek vir julle gesê het, moet julle sewe dae lank kos eet wat nie suurdeeg in het nie. Julle moet dit gedurende die maand Abib doen. Dit is die maand waarin julle uit Egipte weg is. |