Exodus 34:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy neem van hulle dogters vir jou seuns, en hulle dogters hoereer agter hulle gode aan, en laat jou seuns agter hulle gode aan hoereer.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal julle seuns met hulle dogters laat trou. Wanneer hulle vroue hulle gode aanbid, sal julle seuns agter hulle aangaan en soos prostitute teenoor My optree.
Afrikaans 1933/1953 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
Afrikaans 1983 Julle sal julle seuns met hulle dogters laat trou, en wanneer hulle dogters onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode, sal hulle julle seuns tot dieselfde soort onsedelikheid verlei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en jy sal van hulle dogters vir jou seuns neem, en hulle dogters sal agter hulle gode aan hoereer en veroorsaak dat jou seuns ook agter hulle gode aan hoereer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal party van hulle dogters neem sodat julle seuns met hulle kan trou. Hulle dogters sal ander gode dien en hulle sal julle seuns verlei sodat hulle ook ander gode dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle met hulle begin ondertrou en van hulle meisies vir julle seuns as vroue vat, sal julle dogters en julle seuns agter hulle gode begin aangaan en hulle godsdiens volg.