Exodus 34:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat jy nie 'n verbond sluit met die inwoners van die land en hulle agter hul gode aan hoereer en aan hul gode offer en iemand jou roep en jy van sy offer eet nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie ooreenkomste sluit met die inwoners nie. Hulle sal julle verlei om saam met hulle agter hulle gode aan te gaan en soos prostitute teenoor My op te tree. Wanneer hulle hulle gode aanbid, sal hulle julle uitnooi om saam met hulle van hulle afgodsoffers te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; |
| Afrikaans 1983 | “Julle mag nie 'n verdrag met die inwoners van die land sluit nie. Wanneer hulle onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode en vir hulle gode offers bring, sal die mense julle uitnooi na hulle offermaaltye toe, en julle sal daaraan deel hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees op jou hoede dat jy nie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land nie. Wanneer hulle agter hulle gode aan hoereer en vir hulle gode offer, sal jy genooi word, en jy sal van hulle offers eet; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag nie 'n ooreenkoms maak met die mense wat in die land woon nie, want wanneer hulle die ander gode dien en vir hulle gode offer, dan sal hulle miskien vir julle ook uitnooi, en dan sal julle saam met hulle van daardie offers eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie ooreenkomste maak met die mense wat reeds in die land woon nie. Wanneer hulle agter hulle gode aandraf en vir hulle offers bring, sal hulle julle uitnooi om saam met hulle aan hulle offermaaltye deel te neem. |