Exodus 34:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want jy mag geen ander god aanbid nie, want die HERE, wie se Naam Jaloers is, is 'n jaloerse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle mag geen ander god behalwe die Here aanbid nie. Hy is ’n God wat volle getrouheid vereis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers -- 'n jaloerse God is Hy. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie 'n ander god vereer nie, want Ek, die Here, eis onverdeelde trou aan My. Daarom noem hulle My: ‘Die God wat onverdeelde trou eis.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want jy mag nie voor 'n ander god in aanbidding buig nie, omdat die Here wie se Naam “Besitlik” is, 'n besitlike God is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag nie voor 'n ander god buig nie, julle moet net vir My dien. Daarom noem hulle My ‘die God wat wil hê die mense moet net vir Hom dien.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie ’n ander god aanbid nie. Ek verdra dit nie dat jy ander gode aanbid nie. Ek verwag van jou dat jy in alles net aan My getrou sal wees. |