Exodus 34:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas op vir jouself, dat jy nie 'n verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie, dat dit nie 'n strik in jou midde word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak seker dat jy op geen manier enige ooreenkoms sluit met die mense van hierdie land waarin julle gaan woon nie. As julle dit doen, gaan julle dieselfde dinge as hulle doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie. |
| Afrikaans 1983 | Moenie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen julle gaan nie. Hulle sal julle tot 'n val bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wees op jou hoede dat jy nie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen jy op pad is nie, anders word dit 'n valstrik in jou midde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie 'n ooreenkoms maak met die mense van die land waarnatoe julle gaan nie. Dit sal vir julle baie groot probleme gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wees versigtig dat jy nie ’n ooreenkoms sluit met hierdie mense wat in die land bly waarheen jy gaan nie. Jy gaan in ’n strik trap as jy dit doen. |