Exodus 34:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Let op wat ek jou vandag beveel: kyk, Ek verdryf die Amoriete en die Kanaäniete en Hetiete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete voor jou uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sorg dat julle alles doen wat Ek vandag vir julle sê. Ek sal die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor julle uit die land verdryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. |
| Afrikaans 1983 | “Wat Ek julle nou hier gaan beveel, moet julle gehoorsaam. Ek sal die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor julle uit verdryf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom dit na wat Ek jou vandag beveel, kyk, Ek gaan die •Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor jou uit verdryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet doen wat Ek vandag vir julle sê. Ek gaan nou die Amoriete en die Kanaäniete en die Hetiete en die Feresiete en die Hewiete en die Jebusiete voor julle wegjaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Besluit nou om alles te doen wat Ek vandag van jou vra. Dan sal Ek die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor julle uit die land uit verdryf. |