Exodus 34:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes, en Ek sal op hierdie tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was wat jy verbreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Moses gesê: “Kry twee plat klippe gereed. Ek sal weer al die woorde wat op die klippe was wat jy stukkend gegooi het, daarop skryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses gesê: “Kap vir jou twee plat klippe net soos die voriges. Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Kap vir jou twee kliptafels uit, soos die eerstes. Ek sal op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was, wat jy aan stukke gebreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Kap twee plat klippe soos die twee klippe wat jy stukkend gegooi het. Dan sal Ek op hierdie klippe dieselfde woorde skryf wat Ek op die eerste twee klippe geskryf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe vir Moses: “Gaan kap vir jou twee plat klippe wat net so lyk soos die twee wat jy stukkend gegooi het. Ek sal weer alles daarop skryf wat op die eerste twee was. |