Exodus 33:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl Moses in die tabernakel ingaan, het die wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tabernakel gaan staan, en die HERE het met Moses gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oomblik wanneer hy die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgesak. Dit het oor die deur van die tent bly hang terwyl die Here daar met Moses gepraat het.
Afrikaans 1933/1953 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.
Afrikaans 1983 Sodra hy ingaan, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, en dan het die Here met Moses gepraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Telkens wanneer Moses die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Dan het die Here met Moses gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Moses by die tent gekom het, dan het 'n wolk afgekom en by die ingang van die tent gebly. Dan het die Here met Moses gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sodra Moses in die tent ingegaan het, het die hoë wolk waarin die Here vroeër gedurende die dag voor die volk uitgetrek het, afgesak en oor die ingang van die tent gaan hang. Die Here het dan met Moses gepraat.