Exodus 33:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Moses uitgaan na die tabernakel, het die hele volk opgestaan en elkeen by sy tentdeur gaan staan en Moses opgepas totdat hy in die tabernakel ingegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Moses uit die kamp na die tent toe gegaan het, het al die mense by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het Moses agternagestaar tot hy in die tent van ontmoeting ingegaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. |
| Afrikaans 1983 | Elke keer wanneer Moses na die tent toe uitgegaan het, het die hele volk opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent bly staan en Moses agterna gekyk tot hy in die tent ingaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Telkens wanneer Moses uitgegaan het na die tent, het die hele volk opgestaan, en dan het elkeen sy plek ingeneem by die ingang van sy tent. Hulle het Moses agternagekyk totdat hy by die tent ingegaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Moses na die tent gegaan het, dan het al die mense opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent gaan staan en na Moses gekyk totdat hy in die tent ingegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer Moses na hierdie tent toe gegaan het, het die hele volk by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het hom agterna gekyk totdat hy in die tent ingegaan het. |