Exodus 33:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het die tabernakel geneem en dit buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af, en dit die tent van samekoms genoem. En elkeen wat die HERE gesoek het, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af opgeslaan. Hy het dit “die ontmoetingstent” genoem. As iemand by die Here raad gesoek het, het hy na die ontmoetingstent buite die kamp gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. |
| Afrikaans 1983 | Moses het 'n tent gevat en dit ver buite die kamp gaan opslaan. Hy het dit die tent van ontmoeting genoem. Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het telkens 'n tent geneem en dit buite die kamp opgeslaan, ver van die kamp af. Hy het dit 'n ontmoetingstent genoem. Elkeen wat die Here wou raadpleeg, moes uitgaan na die ontmoetingstent wat buite die kamp was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het 'n tent geneem en hy het dit opgeslaan buite die kamp, ver van die kamp. Hy het dit genoem “die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,” want dit is waar die Here altyd aan hulle verskyn het. Wanneer iemand wou weet wat die Here sê, dan het hy gegaan na die tent waar die Here aan hulle verskyn het, die tent wat buite die kamp was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af in die veld opgeslaan. Hy het dit genoem “die tent waar daar vir God raad gevra word”. Elkeen wat by die Here raad gesoek het, het soontoe gegaan. |