Exodus 33:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE het vir Moses gesê: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk: Ek sal in 'n oomblik in jou midde opkom en jou verteer; weet wat om aan jou te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het dan immers vir Moses beveel om vir die Israeliete te sê: “Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek ’n tree verder saam met julle moet trek, gaan Ek julle vernietig. Haal af julle juweliersware. Ek sal kyk wat Ek met julle moet doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen. |
| Afrikaans 1983 | Daarop het die Here vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Julle is 'n moedswillige volk. As Ek net 'n oomblikkie saam met julle trek, sal Ek julle verdelg. Sit al julle juwele weg. Ek sal later besluit wat Ek met julle gaan doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het immers vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete, julle is 'n hardnekkige volk. As Ek vir een oomblik saam met jou sou optrek, sal Ek jou vernietig. Haal dan nou jou juwele af, sodat Ek kan weet wat Ek met jou moet doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Julle is 'n hardkoppige volk. As Ek saam met julle gaan, dan sal Ek julle dadelik doodmaak. Haal af al julle juwele. Ek sal besluit wat Ek met julle sal doen.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was omdat die Here Moses vir hulle laat sê het: “Julle is te eiewys dat Ek dit vir een oomblik met julle sal kan uithou wanneer Ek saam met julle moet gaan. Haal liewer julle juweliersware af dat Ek kan kyk wat Ek met julle wil doen.” |