Exodus 33:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die volk hierdie slegte tyding hoor, het hulle getreur, en niemand het sy versierings op hom gesit nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die volk hierdie harde woorde hoor, het hulle baie hartseer geword. Hulle wou nie langer juweliersware dra nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
Afrikaans 1983 Toe die volk van hierdie harde uitspraak verneem, het hulle getreur en geen juwele gedra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die volk hierdie woord van onheil hoor, het hulle getreur. Niemand het sy juwele aangesit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Israeliete hoor wat die Here sê, was hulle hartseer en hulle het nie meer hulle juwele gedra nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die volk hierdie harde woorde van die Here hoor, het hulle baie hartseer geword. Hulle het al die juweliersware afgehaal wat hulle gedra het.