Exodus 33:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Na 'n land wat oorloop van melk en heuning, want Ek sal nie in jou midde optrek nie; want jy is 'n hardnekkige volk, dat Ek jou nie op die pad verteer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is ’n baie vrugbare land. “Ek sal egter nie verder saam met julle trek nie. Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek saamgaan, sal Ek julle dalk vernietig.”
Afrikaans 1933/1953 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.
Afrikaans 1983 Julle is so 'n moedswillige volk dat Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek op, Israel, na 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek sal egter nie in jou midde optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is, anders vernietig Ek jou op pad.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet gaan na daardie land waar daar baie melk en heuning is. Maar Ek sal nie saam met julle gaan nie, want julle is hardkoppig. Miskien sal Ek julle dan doodmaak voordat julle daar kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek self sal nie saam met julle soontoe gaan nie. Hierdie volk volg hulle eie kop. As Ek saam met julle moet gaan, gaan Ek julle net langs die pad vermoor.”