Exodus 33:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: My aangesig sal saam met jou gaan, en Ek sal jou rus gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy vra toe vir Moses: “Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moet Ek dan self saamgaan dat jou hart rus kan kry?” vra die Here toe vir Moses. |