Exodus 33:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Gaan weg en trek daarvandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het deur te sê: Aan jou saad sal Ek dit gee: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Moses gesê: “Jy en die volk wat jy uit Egipte gelei het, moet nou maar van hier af verder trek. Gaan na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob beloof het. Toe het Ek belowe dat Ek hierdie land vir hulle nageslag sal gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here vir Moses gesê: “Trek nou hiervandaan af weg, jy en die volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het. Trek na die land toe wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob toe Ek gesê het: ‘Ek sal dit aan julle nageslag gee.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob, deur te sê, ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan nou hier weg, jy en die volk wat jy uit Egipte gebring het. Gaan na die land wat Ek vir Abraham, vir Isak en vir Jakob belowe het toe Ek gesê het: ‘Ek sal dit vir julle nageslag gee.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Jy en jou volk wat jy uit Egipte gelei het, moet nou maar verder trek na die land wat Ek vir Abraham, Isak en Jakob beloof het. Ek het hulle immers belowe dat Ek die land vir hulle nakomelinge sal gee. |