Exodus 32:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het: hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en dit aanbid en daarvoor geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit laat optrek het die land van Egipte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het van die koers afgewyk wat Ek vir hulle gewys het. Hulle het vir hulle ’n kalf gemaak wat hulle aanbid en waarvoor hulle offer. Hulle sê daarvoor: ‘Hier is jou god wat jou uit Egipte bevry het, Israel!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het gou die pad verlaat wat Ek vir hulle aangewys het en hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bulkalf gemaak. Nou aanbid hulle hom en bring vir hom offers en sê: Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gou weggedraai van die pad wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak; hulle het voor die kalf in aanbidding gebuig en offers daarvoor gebring. Hulle het gesê, ‘Dit is jou gode, Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gou vergeet wat Ek vir hulle gesê het. Hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bul-kalf gemaak en hulle het voor die beeld gebuig. Hulle het vir hom offers gebring en gesê: ‘Israeliete, hier is julle god, hy het julle uit Egipte gebring.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was baie vinnig om te vergeet hoe Ek wil hê hulle moet lewe. Hulle het sowaar vir hulle ’n beeld van ’n kalf gaan maak. Hulle aanbid die kalf en bring offers daarvoor. Hulle sê die kalf is Israel se god wat Israel uit Egipte laat wegkom het. |