Exodus 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die volgende dag vroeg opgestaan en brandoffers gebring en dankoffers gebring; en die skare het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van vroeg die volgende oggend af het hulle brandoffers en vrede-offers gebring. Die volk het geëet en gedrink. Dit het later begin hand uitruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. |
| Afrikaans 1983 | Vroeg die volgende môre het die volk brandoffers en maaltydoffers geoffer. Daarna het die volk begin feesvier en losbandig te kere gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vroeg die volgende dag opgestaan, •brandoffers geoffer en •maaltydoffers nadergebring. Die volk het gaan sit om te eet en te drink. Toe het hulle opgestaan om hulleself te vermaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vroeg die volgende oggend opgestaan en hulle het brand-offers en ete-offers na die altaar gebring. Die Israeliete het gaan sit om te eet en hulle het wyn gedrink. Daarna het hulle opgestaan en wild feesgevier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeg die volgende oggend het hulle toe offers op die altaar begin verbrand en offers begin slag wat vrede moet bring. Later het hulle begin eet en drink. Dit het naderhand in ’n uitspattigheid ontaard. |