Exodus 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Aäron dit sien, het hy 'n altaar daarvoor gebou; en Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is dit 'n fees vir die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Aäron dit sien, het hy ook ’n altaar voor die kalf gebou. Hy het aangekondig: “Ons hou môre ’n fees vir die Here!”
Afrikaans 1933/1953 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: M“re is daar fees tot eer van die HERE.
Afrikaans 1983 Toe Aäron dit hoor, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: “Môre is daar fees vir die Here!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Aäron sien wat gebeur, het hy 'n altaar voor die beeld gebou. Aäron roep toe uit en sê: “Môre is daar 'n fees vir die Here! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Aäron dit sien, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en gesê: “Môre vier ons 'n fees vir die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Aäron sien wat hulle doen, het hy ook nog ’n altaar vir offers daar by die beeld gebou. Hy het gesê: “Môre gaan ons fees hou vir die Here!”